

Laerskool Vaalwater se gr. 7’s het hul tegnologie-opdrag met groot geesdrif en vernuf aangepak. Marinus Cloete, hul onderwyser, se opdrag was dat hulle torings bou wat nie net funksioneel is nie, maar ook bydra tot die argitektoniese skatkis van ’n dorp of stad. Hier wys hulle hul projekte. Voor is Willie Botha, Almica Snyders en Charné Verster. Agter staan Kyra le Roux, Makayla Keating, Jessica van der Watt en Ruan Botha.



