Local newsNews

Poskantoor sal let op sluipslaperprobleem

Die personeel van die Modimolle-poskantoor maak elke oggend rondom die posbusse deeglik skoon, sê Johan Kruger van die Poskantoor se kommunikasie-afdeling.

Die Pos het verlede week berig dat inwoners kla oor die skerp urinereuk en swak higiëne wat by die buitenste posbusse pla wanneer hulle pos uithaal. Toegang tot dié posbusse kan nie beheer word nie omdat dit op die sypaadjies geleë is.

Talle straatsmouse stal hul ware langsaan uit en die publiek sit op bankies onder ’n boom wat by die posbusse is. Een van die faktore wat daartoe bydra dat mense die afgesonderde hoeke van posbusse gebruik om te urineer, is volgens motorwagte in die omgewing omdat daar nie ander openbare toilette naby is nie. ’n Munisipale badkamer sowat 30 m weg se deure is gesluit omdat dit gevandaliseer is.

“Ons het ook die Modimolle-polisie versoek om by die posbusarea langs te gaan as hulle patrollies ry om sluipslapers te ontmoedig,” het Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button