LettersOpinion

Moenie hierdie items per pos stuur nie, vra Poskantoor

Geen stof wat mak­lik ont­brand, ont­plof of uit­lek word toe­ge­laat nie.

Johan Kruger, Suid-Afrikaanse Poskantoor, skryf:

Die Pos­kan­toor het in die af­ge­lo­pe tyd ’n toe­na­me in pak­kies op­ge­merk wat na die bui­te­land ge­pos word, maar wat nie af­ge­le­wer kan word nie aan­ge­sien die in­houd on­vei­lig vir lug­ver­voer is.

Re­gu­la­sies wat die vei­lig­heid van lug­vrag­items regu­leer, is on­langs ver­skerp. Die hoof­oor­we­ging is dat geen stof wat mak­lik ont­brand, ont­plof of uit­lek toe­ge­laat word nie.

Items wat nie meer per lug ver­voer mag word nie, sluit li­tium­bat­te­rye, vloei­stow­we en ro­me in.

Al­le pos­sak­ke word met ge­so­fis­ti­keer­de X-straal­ma­sjie­ne on­der­soek voordat dit op vlieg­tuie ge­laai word en sak­ke met ver­bo­de items word te­rug­ge­stuur na­dat dit on­der­soek is.

Nog items wat nie per pos ver­voer kan word nie, sluit in ont­vlam­bare of plof­ba­re stow­we, le­wen­de or­ga­nis­mes, bio­lo­gie­se mate­riaal en die­re of dier­pro­duk­te. Dit sluit pels en ivoor in.

By­kans al­le lan­de ver­bied die in­voer van gif­stow­we, plant­ma­te­riaal of medi­ka­sie son­der spe­sia­le in­voer­per­mit­te. Hier­die items word dan in die land van aan­koms ge­kon­fi­skeer en ver­nie­tig.

Ju­we­le, edel­stene en edel­me­ta­le moet ver­se­ker word.

Maak se­ker jou pak­kie kom vei­lig an­der­kant aan.

Pak­kies moet ste­wig ver­pak word, want dit word as mas­sa­vrag ver­voer.

As die item wat jy pos nie die hou­er vol­maak nie, is dit raad­saam om die leë ruim­te met po­li­sti­reen of selfs ver­sni­pper­de pa­pier te ver­pak. Die mak­si­mum ge­wig van ’n pak­kie is 30 kg.

As ’n mens items oor die in­ter­net be­stel, vra die af­sen­der om jou sel­nom­mer op die pak­kie aan te bring. Die pos­kan­toor se volg- en spoor­stel­sel kan die afsender dan per SMS in ken­nis stel as die pak­kie ge­reed is by die plaas­li­ke pos­kan­toor om afge­haal te word.

Related Articles

Back to top button