EntertainmentLifestyle

Kompetisie: kykNET Buite-ekspo Limpopo: Wen 4 kaartjies

Die perfekte geleentheid om op die hoogte te kom van die jongste neigings en produkte in die woonwa- en kampeermark.

Vier gelukkige Pos-lesers kan elk vier naweekkkaartjies wen vir die kykNET Buite-ekspo wat van 2 tot 4 Augustus op Sondela Natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela aangebied word.

Die wenners sal elk vier kaartjies ontvang wat heel naweek gebruik kan word om die ekspo te besoek.

kykNET se Buite-ekspo Limpopo is ideaal vir alle avontuurlustiges. Foto: Freepik

 

Stuur jou naam, van, adres en telefoonnommer per e-pos aan lesleydiepos@gmail.com

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 17 Julie en die wenner sal Vrydag 19 Julie aangekondig word.

Kamptoerusting en meer:

Die ekspo is die perfekte geleentheid om op die hoogte te kom van die jongste neigings en produkte in die woonwa- en kampeermark. Behalwe die verskeie uitstallers wat met hul kampeertoerusting gaan spog, gaan daar ook verkeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk wees.

Kaartjies:

Kaartjies vir die geleentheid is by die hekke beskikbaar of kan vooraf aanlyn by Computicket of enige Money Market-toonbank in Shoprite/Checkers-winkels gekoop word.

Vir meer inligting oor die ekpo besoek www.ekspo.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button