EntertainmentLifestyle

Kompetisie: kykNET Buite-ekspo Limpopo: Wen 4 kaartjies

Die perfekte geleentheid om op die hoogte te kom van die jongste neigings en produkte in die woonwa- en kampeermark.

Vier gelukkige Pos-lesers kan elk vier naweekkkaartjies wen vir die kykNET Buite-ekspo wat van 2 tot 4 Augustus op Sondela Natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela aangebied word.

Die wenners sal elk vier kaartjies ontvang wat heel naweek gebruik kan word om die ekspo te besoek.

kykNET se Buite-ekspo Limpopo is ideaal vir alle avontuurlustiges. Foto: Freepik

 

Stuur jou naam, van, adres en telefoonnommer per e-pos aan lesleydiepos@gmail.com

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 17 Julie en die wenner sal Vrydag 19 Julie aangekondig word.

Kamptoerusting en meer:

Die ekspo is die perfekte geleentheid om op die hoogte te kom van die jongste neigings en produkte in die woonwa- en kampeermark. Behalwe die verskeie uitstallers wat met hul kampeertoerusting gaan spog, gaan daar ook verkeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk wees.

Kaartjies:

Kaartjies vir die geleentheid is by die hekke beskikbaar of kan vooraf aanlyn by Computicket of enige Money Market-toonbank in Shoprite/Checkers-winkels gekoop word.

Vir meer inligting oor die ekpo besoek www.ekspo.co.za.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button