
Hennie Cronjé, Modimolle, skryf:
Is daar iemand in Modimolle met wie ek ’n vergadering kan belê waar ons die waterprobleem kan bespreek en waar oplossings gevind kan word?
Die Roodeplaatdam is 91,1% vol en die Donkerpoortdam het genoeg water.
Volgens ’n werknemer van die munisipaliteit se waterafdeling is ons net geregtig op water elke tweede dag. Ek stel voor dat ons almal ons erfbelasting weerhou totdat die waterkrisis opgelos is.



