Local newsNews

Man wat verdrink steeds onbekend

Die iden­ti­teit van die man wat ver­le­de week in die dorps­dam in Mo­di­mol­le ver­drink het, is steeds on­be­kend.

Vol­gens die Mo­di­mol­le-po­li­sie het nie­mand nog na vo­re ge­kom met in­lig­ting oor wie die man is nie of waar hy ge­woon het nie. Die man, na ra­ming in sy laat veer­tigs of vroeë vyf­tigs, het op Maan­dag 1 Ju­lie net ná 09:00 ten aan­skoue van talle in­wo­ners verdrink. AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het ge­sê oog­ge­tuies het ver­tel dat die man sy kle­re uit­ge­trek en daar­na heen en weer in die koue dam­wa­ter ge­swem het. Hy het te­rug wal toe ge­swem, waarna hy on­der die wa­ter ver­dwyn het. ’n Man wat ge­sien het wat ge­beur, het die po­li­sie ont­bied.

Die po­li­sie se soek-en-red­ding­span en po­li­sie­dui­kers van Polo­kwa­ne het die man se lewe­lo­se lig­gaam kort daar­na uit die wa­ter ge­haal.

In­wo­ners gis dat die man een van die sluip­sla­pers kan wees wat in die bos­se om die dam bly. In­dien die man nie uitgeken word nie, sal hy as ’n “John Doe”, ofte­wel on­be­ken­de per­soon, be­gra­we word, het die po­li­sie be­ves­tig.

In­dien iemand in­lig­ting het oor die man se iden­ti­teit, kan hul­le die on­der­soek­beamp­te, sers. Cis­ka Fou­rie, bel by tel. 082 927 7756.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button