Local sportSport

Nylstroom-rugbyklub kraai koning

Die span­ning was op Vry­dag­aand 12 Ju­lie tasbaar toe die spanne van die Nyl­stroom- en Rhi­no-rug­by­klub van Nor­tham mekaar die stryd aangesê het op Hoërskool Nylstroom in Modimolle se veld.

Die meer as 500 toe­skou­ers wat die finale kragmeting in die Waterberg-rugbyliga by­ge­woon het, was kort-kort op hul voete en het hul onderskeie spanne luidkeels ondersteun. Albei spanne het gereeld punte op die telbord gesit.

Nylstroom het die wedstryd teen Northam egter oortuigend met 20-15 gewen.

“Dit was ’n ba­ie taai wed­stryd. Ons het ons kan­se ver­speel met die skep­doe­le wat ons ver­brou het, maar die span se ver­de­di­ging was puik,” het Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom-af­rig­ter en klub­pre­si­dent, by na­vraag ge­sê.

Marc van Bosch, Nyl­stroom-voor­spe­ler, is uitgesonder vir deurgaanse puik spel. Justin Odendaal, agterspeler, het hom ook baie goed van sy taak gekwyt en die Northam-manne lelik laat bontstaan.

Venter het gesê hy wil graag die klub se be­stuur en vir Ar­mand Oesch­ger, hulp­af­rig­ter, be­dank vir hul harde werk gedurende die seisoen.

“Dankie ook aan die spe­lers vir hul pligs­ge­trou­heid, durf en ver­tro­ue in my.”

Venter het ook die ondersteuners, borge en vir Riaan Frey van Modimolle, wat as skeidsregter opgetree het, bedank.

Related Articles

Back to top button