CrimeNews

Arendsoog hou nou hierdie grondpaaie dop

Die boer­de­ry­ge­meen­skap in die Don­ker­poort-om­ge­wing buite Modimolle wil dit so moei­lik moont­lik vir mis­da­di­gers maak om on­wet­tige bedrywig­hede in die om­ge­wing uit te voer.

Die eie­naars van ­verskeie pla­se het, in same­wer­king met die Wasps-vei­lig­heids­groep, vei­lig­heids­ka­meras geïn­stal­leer om voer­tuie wat op die grond­paaie ry, dop te hou.

Die eers­te van agt ka­me­ras is ver­le­de week op­ge­rig. Vol­gens Ba­rend Pie­naar van Wasps en ’n boer in die om­ge­wing, sal daar aan­vank­lik agt ka­me­ras op­ge­rig word. Die ka­me­ras word by T-aan­slui­tings en krui­sings opgerig so­dat die verkeer daar dop­ge­hou kan word. Die algehele kos­te van die pro­jek be­loop vol­gens Pie­naar on­ge­veer R150 000.

Die ka­me­ras, wat bedags en snags werk, kan ook outo­ma­ties nom­mer­pla­te her­ken. ’n Be­heer­ka­mer is by een van die pla­se op­ge­rig, maar die ka­me­ras kan van­af ’n reke­naar of ’n sel­foon gemoniteer word.

Vei­lig­heids­ka­me­ras word land­wyd deur plaas­ge­meen­skap­pe opgerig om hul­self teen mis­daad te be­vei­lig. Vol­gens Pie­naar hoop hul­le dat die voltydse “oog” op paaie plaas­aan­val­le en vee- en gewo­ne dief­stal sal ver­min­der. Die ka­me­ras be­hoort bin­ne twee we­ke in wer­king te wees.

Die in­stal­le­ring van nog ka­me­ras word in die Groot Nyl-om­ge­wing, by die Warm­bad-skiet­baan en in die Elands­fon­tein­ge­bied beoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button