CrimeNews

Der­de ver­dag­te ná aan­val in­ heg­te­nis

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het op Vry­dag 12 Ju­lie ’n der­de ver­dag­te, Cas­well Ma­su­ku (33), in Ham­mans­kraal in ­heg­te­nis ge­neem in verband met die aanval op Hen­drik en Linda Prins­loo, as­ook Sei­lie van der Lin­de, Lin­da se bejaarde ma.

Die ge­sin is in die vroe­ë og­gend­u­re van Don­der­dag 20 Ju­nie in hul huis in die Mc­Ken­zie-om­ge­wing bui­te Ra­dium oorval.

Die ro­wers het die ge­sin in die hoof­slaap­ka­mer vas­ge­bind, waar­na die boos­wig­te ver­skei­e artikels, wat ’n hand­wa­pen in­­sluit, ge­buit het.

Volgens die polisie was twee van die vyf met handwapens ge­wa­pen. ’n An­der een het die gesin met ’n AK47-aan­vals­ge­weer aan­ge­hou. Een van die ver­dag­tes was ’n vrou.

Lede van die Heritage Protection Group (HPG), die Be­la-Be­la-, Mo­ko­pa­ne- en Ma­hwe­le­reng-po­li­sie het op Don­der­dag 4 Ju­lie twee ver­dag­tes, Jus­tice Mu­dau (34) en Wil­liam Ba­pe­la (69), in Ham­mans­kraal en Mo­ko­pa­ne, in ­heg­te­nis ge­neem. Van die ge­steel­de i­tems wat aan die Prins­loos be­hoort het, is volgens die polisie in die twee se be­sit ge­vind. Mu­dau is van Zim­bab­we.

Ma­su­ku is ’n week later deur le­de van HPG, in sameweking met die Be­la-Be­la-po­li­sie se taak­span, in Ham­mans­kraal aan­ge­keer.

Vol­gens die po­li­sie het hul­le lei­dra­de opgevolg, waarna hulle die voer­tuig wat ver­moe­delik in die aanval gebruik is, in So­shan­gu­ve buite Pre­to­ria opgespoor het. Die polisie het beslag gelê op die voertuig.

Die voer­tuig­eie­naar word nie tans met die rooftog ver­bind nie aangesien daar vermoed word dat hy die voertuig aan die vermeende rowers geleen het.

Die on­der­soek het die polisie na Ham­mans­kraal gelei waar hulle Masuka in die vroeë oggendure van Vrydag 12 Julie voor­ge­lê het.

Ma­su­ku het op Maan­dag 15 Ju­lie sy eers­te ver­sky­ning in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ge­maak.

Hy, Mu­dau en Ba­pe­la moes weer op Woens­dag 17 Ju­lie in die hof ver­skyn op aan­klag van roof.

Die on­der­soek na die an­der ver­dag­tes duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button