Warmpatat: Alida van Heerden, tennisorganiseerder en onderwyser aan Hoërskool Nylstroom, het haar breiwerk afgeskeep tydens die eerste meisiespan se spannende wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster. Die Pos verneem die wedstryd was só spannend dat sy ’n paar steke in die proses laat val het. Foto: Herman Steyn
Lede van die Bela-Bela-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sektor 1 het op Saterdag 20 Julie ’n skietopleidingsdag by die Warmbad-skietbaan buite die dorp bygewoon. Die doel daarvan was om lede se paraatheid te bevorder en hulle in te lig oor optrede tydens noodgevalle. Die GPF-bestuur beoog om meer sulke skietoefeninge te reël.