GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Leerders aan Hoërskool Nylstroom het die afgelope vakansie aan die Capricorn-skaak-toernooi in Polokwane deelgeneem. Uit die meer as 50 deelnemers het Thato Selema ’n tweede plek behaal en Andrew Adendorff ’n negende plek.

 

Die Limpopo-tenniskampioenskap op Woensdag 17 Julie in Polokwane het puik spel opgelewer. Die Nylies se tweede seunspan, Paul-Jac Els, Jurie Crotz, Corneil van der Merwe en Remo Tjia, het as naaswenners uit die stryd getree nadat hulle teen die gedugte span van Hoërskool Pietersburg te staan gekom het. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Nylstroom se eerste meisietennisspan het as Waterberg-kampioene in die finaal teen Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen gespeel. Hul het as naaswenners van Limpopo uit die stryd getree. Op die foto is Jowine Bezuidenhout, Magdelyn van Heerden, Danelle van der Merwe en Anika Holtzhausen. Foto: Herman Steyn

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button