Die Naboom-rolbalklub het op Woensdag 24 Julie tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling die spelers vir hul prestasies van die afgelope seisoen vereer.
Die nuwe komitee van die Naboom-rolbalklub is aangewys. Hulle is Andries Mashete, Trevor Ray, Jan Barnard, Wimpie Botha, Pikkie Nortjé, Alydia Prinsloo en Estelle Montgomery.
Die manskampioen van die jaar-toekenning is aan Jan Barnard toegeken. Links op die foto saam met hom is Wimpie Botha, klubpresident.
Die vrouekampioen van die jaar-titel het gegaan aan Rita Roux. Wimpie Botha oorhandig aan haar die toekenning.