Die pom-pom-meisies van Hoërskool Warmbad het op Saterdag 27 Julie die skare met hul ritmiese bewegings tydens die VersekerBeker-wedstryde op die Warries se tuisveld vermaak. Foto: Herman Steyn
Roelof Daling, blitsige linkervleuel van Hoërskool Warmbad, het op Saterdag 27 Julie bygedra tot sy span se sukses tydens die VersekerBeker-reeks op die Warries se tuisveld. Roelof het by twee geleenthede agter die pale gaan kuier. Die Warries het Hoërskool Gerrit Maritz van Pretoria oortuigend met 46:10 gewen. Hulle speel op Saterdag 3 Augustus in die semifinale ronde teen Hoërskool Akasia. Foto: Herman Steyn
Christiaan Jooste, kaptein van Hoërskool Warmbad se o.14-rugbyspan, lê rieme neer doellyn toe tydens sy span se wedstryd op Saterdag 27 Julie tydens die VersekerBeker-reeks. Die manne speel weer op Saterdag 3 Augustus op hul tuisveld teen Hoërskool Uitsig in die semifinale ronde. Foto: Herman Steyn