Lifestyle

Dis nie die ánder mense op die pad nie; dis óns

Die Nissan NP300 Hard­body-reeks bied moont­lik die beste waarde vir geld in ons lewen­dige bakkie­mark.

In baie gevalle is die immer­groen Nissan goed­koper as sy Chinese mede­din­gers.

Tog het daar ver­lede jaar omtrent ’n media­bom gebars nadat Global NCAP besluit het Afrika het veil­iger motors nodig. Hope kritiek en slegte pu­blisi­teit het op die Nissan NP300 se swak verto­ning in die bot­sing­toets gevolg. Die Nissan het nul sterre vir vol­wasse veilig­heid gekry nadat die kajuit en veilig­heid­stelsel se struk­tuur meege­gee het en bykans geen ener­gie tydens die bot­sing kon absor­beer nie. Die stuur­kolom het in een stuk gebly en gevaar­lik in die bors van die pop­bestuur­der gestamp wat in die geval van ’n mens waar­skyn­lik tot lewens­gevaar­like bese­rings sou lei.

Verskeie artikels, berigte en web­werwe het sensasie aange­blaas met stel­lings dat sulke gevaar­like motors nie op ons paaie hoort nie en dat inter­nasio­nale maat­skappye soos Nissan glad nie toe­gelaat behoort te word om sulke “doods­kiste” van die hand te sit nie.

Aan die ander kant moet ons die vraag vra of ons on­veilige motors werk­lik die enigste pro­bleem is. Arrive Alive se web­tuiste sê menslike gedrag is die grootste oorsaak van onge­lukke.

Padgebrui­kers moet deur­gaans op die uitkyk wees vir bestuur­ders wat onver­skillig optree. Dronk, nalatige, onbe­voegde, haastige en arge­lose mense skuif daag­liks agter stuur­wiele in. Baie meer voer­tuie is deesdae onpad­waardig en ons paaie se swak toe­stand is nog faktore wat in ag geneem moet word.

Tel gerus hoeveel verkeers­oortre­dings ’n mens daagliks waar­neem of hoeveel reëls jy dalk self oor­tree. Hoe gereeld is daar vrag­motors sonder ligte op die snel­weë of word vrag­motors op ’n soliede lyn verby­gesteek?

Sommige ver­keers­beamp­tes wat wet en orde moet hand­haaf, swig voor om­koop­betal­ings. Hoe dikwels sien ’n mens nie dat daar alko­holiese verver­sing so in die ry gebruik word nie of hoe­veel leë bottels uit ’n kajuit ge­laai word nie?

Ons kinders word daag­liks aan onge­duldige en arro­gante optrede bloot­gestel waar hulle by skole op- en afge­laai word. Dié waar­des word by hulle vas­gelê.

Om verant­woorde­lik, versig­tig en veilig te be­stuur en by die pad­reëls te hou, bly ons verant­woorde­lik­heid en kan nie op motor­ver­vaardigers afge­skuif word nie.

Solank as wat ons as pad­ge­bruikers nie ons gedrag ver­ander nie, sal selfs die meeste aantal veilig­heid­sterre nie die slag­ting op ons paaie kan beperk nie.

  • Paul Smith is ’n motor­lief­heb­ber, gesins­man en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button