Bela-Bela-inwoners is op Woensdag 31 Julie tydens ’n geselligheid by die Warmbad Dienssentrum vergas met ’n wonderlike uitvoering van die plaaslike kunstenaars, die Cantabilé-musiekgroep. Schalk Vorster, Yvonne Lombaard, George Linde en begeleier Ansie van Niekerk (nie op die foto) het die gehoor vermaak met liedere uit bekende operas en operettes. Op die foto is die groep tydens die vertoning.