MunicipalNews

Gemeenskap help vlamme stuit

Die ge­meen­skap van Vaal­water het weer gewys dat hulle kan saam­werk toe daar ’n ver­nie­ti­gende veld­brand op Don­der­dag 1 Augus­tus op die plaas Slyp­steen van Thinus Maritz op die Melk­rivier-pad uitge­breek het.

’n Redelike sterk wind het die vlam­me in die rig­ting van Jugamaro Predator Park en Thaba Meetse buite Vaal­water aange­blaas.

Justin Fernandez van Jugo­maro Predator Park het om 13:41 op die Vaal­water-veilig­heids­groep hulp gevra, waarna Mariëtte Nichol­son, basis­bestuur­der van die Working on Fire (WOF), wat drie werk­spanne in die omge­wing bestuur, gereël het dat helpers hulle na die toneel haas.

Die WOF-span, asook boere van die omge­wing, het die vlamme vol­gens Fernandez teen onge­veer 15:00 onder beheer gebring. Fernandez het aan Die Pos gesê die brand het vermoe­delik ontstaan toe werkers wat met ’n hidro­liese laai­graaf besig was, ’n boom omgestoot het wat toe aan Eskom-krag­kabels geraak en die vonke die veld aan die brand gesteek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button