LettersOpinion

Dankie aan dié barmhartige Samaritaan

Toe ek weer my bewussyn herwin het, het ’n man met die naam Tshepo by my stilge­hou en nie geskroom om my te help nie.

Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:

Ek wil met hierdie brief my dank uit­spreek teenoor ’n man wie se naam ver­moedelik Tsepo is.

Hy is ’n werk­ne­mer van The Courrier Guy in Bela Bela.

Ek ry op 71 nog gereeld fiets en neem ook aan fiets­wed­renne deel.

Ek was op Maan­dag 16 Julie met my daag­likse oefen­program in die Roode­poort-om­gewing besig. Ek het egter onver­klaar­baar duiselig geraak en van my fiets afge­val en my bewus­syn ver­loor.

Toe ek weer my bewussyn herwin het, het ’n man met die naam Tshepo by my stilge­hou in ’n ampte­like voertuig van The Courier Guy. Hy het nie geskroom om my te help nie, my fiets agter­in sy voer­tuig gelaai en my na my huis ge­neem waar my buur­man my dade­lik na dr. Gerhard Grob­ler geneem het vir ’n onder­soek en om my wonde te be­handel.

Ek wil my hartlike dank aan al hierdie mense uit­spreek. Julle meele­wing en hulp word opreg waar­deer.

Ek sal dalk nou ’n ander soort oefe­ning moet oorweeg.

Related Articles

Back to top button