Local newsNews

Oud- Hansie sing die wêreld aan die brand

Anne-Marie Mailovich (20 ), oud­leerder van Hoër­skool Hans Strijdom in Mook­go­phong, sing deesdae die wêreld aan die brand.

Mailo­vich is ’n sang­student in haar derde jaar aan die Tshwane University of Techno­logy.

Sy het as mezzo­sopraan verskeie hoogte­punte beleef, waar­onder drie goue, twee silwer en ’n brons­medalje vroeër vanjaar tydens die 22ste Suid-Afri­kaanse kampioen­skap vir Uitvoe­rende Kunste.

Sy het ook op Son­dag 19 Mei tydens die Arnold Classic Africa Sport Festival se ope­nings­geleent­heid die volks­lied gesing en daar­na was sy in die bekende opera, La Traviata, in die Johannes­burg-teater te sien.

’n Groot eer het haar ook te beurt geval toe sy as beurs­houer van die gesogte Abe Bailey Foun­dation aan­gewys is waar sy haar in uitge­lese gesels­kap bevind as een van die 18 stu­dente (ambas­sadeurs) wat 22 Suid-Afri­kaanse uni­ver­siteite ver­teen­woor­dig.

Die beurs word jaar­liks toegeken aan top stu­dente op junior lektor­vlak. Beurs­houers onder­neem vanaf 24 Novem­ber tot 22 Desem­ber ’n uitge­breide studie­reis na Enge­land en Skot­land. Hulle sal ook die Afrika-unie se hoof­kan­toor in Addis Ababa, Ethiopië, besoek.

Die beurs word moont­lik gemaak deur die trust wat ná die afster­we van Sir Abe Bailey in 1942 gestig is.

Die beurs se doel­wit is om jong Suid-Afrikaners se hori­sonne te ver­breed, ver­skil­lende ku­lture te leer ken en saam te werk aan die toe­koms oor kleur­grense, tale en kulture. Daar word veral klem gelê op die ontwik­keling van leier­skap en onder­wys.

Mailovich se program is reeds vol­bespreek vir die jaar wat voorlê en in Septem­ber beoog sy om ou­disies af te lê vir keu­ring vir verdere studies in sang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button