CrimeNews

Verkragters baie lank agter tralies

Vier oor­tre­ders gaan ’n baie lang tyd ag­ter tra­lies deurbring na­dat die streek­hof in Mo­di­mol­le hul­le met swaar von­nis­se ge­straf het vir oor­tre­dings teen kinders.

DNA-be­wy­se het Bu­ti Harry Mo­hlala se dop­pie ge­klink. Hy is skul­dig be­vind aan drie klag­tes van ver­krag­ting en is vir baie lank uit die ge­meen­skap ver­wy­der. Land­dros Pie­ter Man­thata het hom skul­dig be­vind op ’n klag van die ver­krag­ting van ’n ses­ja­ri­ge mei­sie in Phaga­meng in 2016. Die kind kon vanweë haar jong ouder­dom nie ge­tuig nie en staats­aan­klaer Liezl del Frate het op die ge­tuie­nis van ’n fo­ren­sie­se maat­skap­li­ke wer­ker, wat na­mens haar ge­tuig het, ge­steun. Mo­hla­la is tot lewens­lange tronk­straf gevonnis.

Hy is ook tot 10 jaar tronkstraf ge­von­nis om­dat hy ’n 16-ja­ri­ge mei­sie ver­krag het en is nog ’n le­wens­lange von­nis op­ge­lê vir die ver­krag­ting van ’n 13-ja­ri­ge mei­sie. Albei die ou­er kin­ders het in camera via kring­te­le­vi­sie ge­tuig.

Tu­mi Jo­han­nes Mo­hale en Phillip Tef­fo is albei le­wens­lange tronk­straf op­ge­lê vir die ver­krag­ting van ’n 10-ja­ri­ge seun in Phaga­meng in 2017. Staats­aan­klaer Do­ria Groene­wald het in die hof aan­ge­voer dat Teffo die seun, wat by fa­mi­lie gewoon het ná sy ouers se dood, ge­vra het om hom te help soek na ’n R20-noot wat hy ver­loor het. Mo­hale het die seun glo in ’n huis in­ge­boen­der waar hy ver­krag is. Die jong kind was glo ’n goeie ge­tuie in die hof en dit het tot die skul­dig­be­vin­dings ge­lei.

In nog ’n saak voor Man­tha­ta in die Mo­di­mol­le-streeks­hof is Asaf Tsho­ko­lo Se­so­ma vir 20 jaar, son­der die voor­uit­sig van pa­rool, tronk toe ge­stuur na­dat die hof be­slis het dat hy ’n 10-ja­ri­ge meisie in 2016 in Thaba­zim­bi ver­krag het. Se­so­mo is glo ná ’n an­der voor­val deur die ge­meen­skap vas­ge­trek en ty­dens die po­li­sie-on­der­soek het dit aan die lig ge­kom dat hy met dié ver­krag­ting ver­bind word, het die staat in die hof aangevoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button