Local sportSport

5150-Iron Man- kompetisie hiér

Be­la-Be­la-in­wo­ners en be­soe­kers kan so­lank hul na­week be­plan vir wan­neer die Stan­dard Bank 5150 drie­kampkam­pi­oen­skap­ op Sa­ter­dag 17 Au­gus­tus by Forever Resorts plaas­vind.

At­le­te skop af met die 1,5 km swem wat in die oord se ski-dam sal plaas­vind.

Die skof word gevolg deur ’n uitmerge-lende 40 km-fietsren vanuit die dorp op die Alma-pad en weer terug.

In die laaste skof word die fietse verruil vir hardloopskoene en dan pak hulle die 10 km-wedloop aan wat binne die oord se terrein sal plaasvind.

In­wo­ners en be­soe­kers word gemaan om versigtig te bestuur en bedag te wees op moontlike ver­tra­gings in Chris Ha­ni­weg, Luna-, Hos­pi­taal-, Mof­fat-, Grob­ler- en Ro­bert­son­straat.

Die geleentheid lok jaarliks honderde besoekers wat van oraloor die Bosveld-gasvryheid kom ervaar.

Inwoners word genooi om toeskouers van dié geleentheid te wees en te deel in die pret van goeie sportmangees.

Related Articles

Back to top button