Local sportSport
Jagters in die kol
Die Bosveld-jagtersvereniging (BJV) het op Vrydag 9 Augustus ’n skietdag vir vroue by die skietbaan buite Bela-Bela aangebied om nasionale Vrouedag te vier.
Die 32 vroue en meisies wat deelgeneem het, kon met haelgewere, jaggewere en handwapens na teikens skiet.



Die deelnemers wat toekennings behaal het, was Jané Cilliers, Ida Mostert, Tharine Marais, Ida Brits, Ciska van der Merwe, Lisa Engelbrecht en Julie Marais.
Die BJV beoog om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak.



