Die spreekkoor van Academia Private School in Bela-Bela het op Donderdag 15 Augustus ’n hoogste lof toekenning tydens die ATKV Waterberg-kunstefees in Bela-Bela behaal.
Foto: Herman Steyn
Hendrik le Roux, ’n gr.1-leerders van Laerskool Warmbad, se kunswerk is gekies as een van 13 kunswerke wat op die gesogte Santam-kalender vir 2020 sal pryk. Die tema was I spy something with my little eyes that starts with a C.
Melissa en Lianie Erasmus is twee leerders aan die Euphorbiaskool in Mookgophong wat puik presteer het tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees. Melissa het ’n A+++ vir gedramatiseerde prosa en A++ vir formele poësie verwerf en Lianie het ’n A+++ vir samespraak en ’n A++ vir formele poësie ingepalm.
Leerders van Mookgophong het van 22-27 Julie aan die Bosveld-kunstefees by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane deelgeneem. Chloe Viljoen, gr. 00-leerder van Japsnoetjies Euphorbiaskool, was die jongste deelnemer in die kompetisie en het ‘n A++ vir formele poësie ontvang.