LettersOpinion

Herinstelling van SAOG-tribunaal gevra

Hierdie tri­bunaal skep ’n alterna­tiewe op­lossing vir mense waar ge­skille met die rege­ring ontstaan.

Dr. Theo de Jager, direksie­voor­sitter van die Suider-Afrika Agri-inisia­tief skryf:

Die Suider-Afrika Agri-inisia­tief (Saai) beplan om groter momen­tum aan die groei­ende regs­druk op die Suider-Afri­kaanse Ont­wikkelings­gemeenskap (SAOG) te plaas om weer die SAOG-tri­bunaal in te stel.

SAOG-leiers het dié tri­bunaal in 2011 ont­bind ná ’n aantal uit­sprake teen die Zimbab­wiese regering wat verklaar het dat die ont­eiening van privaat eiendom sonder vergoe­ding in dié land ongel­dig en teens­trydig is met die SAOG-ver­drag.

Ná verdoe­mende uitsprake in die Suid-Afri­kaanse hoë­hof en konsti­tusionele hof dat oudpres. Jacob Zuma se steun aan die ont­binding van die tri­bunaal in 2014 ongrond­wetlik en irrasio­neel was, het pres. Cyril Rama­phosa die afgelope naweek Suid-Afrika se onder­teke­ning van dié ont­bindings­ooreen­koms by die 39ste SAOG-beraad in Tan­zanië terug­getrek. Hoewel Saai dié stap ver­wel­kom, bly dit tra­gies dat politieke leiers nie self die mo­rele leiding oor uni­ver­sele begin­sels kan neem nie, maar deur die howe daar­toe gedwing moet word.

Dit is belang­rik dat orga­nisasies van regoor die spek­trum die herin­stel­ling van die tribunaal onder­steun. Hierdie tri­bunaal skep ’n alterna­tiewe op­lossing vir mense waar ge­skille met die rege­ring ontstaan. In die konteks van ont­eie­ning sonder vergoe­ding sal hierdie beslis ’n strate­gie wees om te volg.

Die hoog­geregs­hof in Tanzanië het in Junie ’n soort­gelyke uit­spraak gelewer en die Tan­zaniese rege­ring se steun aan die ont­binding van die tribu­naal veroor­deel.

Die SAOG-regs­vereni­ging doen ’n sterk beroep dat die tribunaal herin­gestel moet word. Die opsig­telik onreg­matige ont­binding van die tri­bunaal het Suider-Afrika se aantrek­lik­heid as ’n beleg­gings­bestem­ming ernstige skade be­rokken in ’n tyd waarin dié streek dit die minste kon bekostig.

Related Articles

Back to top button