Vatso! Ramsey Hlongwane (27), ’n nuwelingbokser van Modimolle, het op Vrydag 23 Augustus kragte teen Darrin Rossouw in die weltergewigafdeling in die Razor Sharp-bokstoernooi by Emperors Palace gemeet. Rossouw het die geveg met ’n tegniese uitklophou gewen, hoewel Hlongwane die eerste vier rondes oorheers het. Boksgeesdriftiges het gemor oor die geveg wat agt keer gestop is sonder dat punte afgetrek is. “Ons het verloor, maar ek is positief dat ons in Ramsey ’n ware bokser het wat dit beslis kan maak in die bokswêreld. Hy het een van die boksers wat van die bestes in die land is, pakslae gegee,” het sy afrigter Peet Oberholzer gesê. Foto: Verskaf
Twee ou skoolmaats van Bela-Bela, Chris Swanepoel (professionele gholfspeler) en AB de Villiers (uitgetrede Protea-krieketspeler), het mekaar in Augustus op die Sishen-gholfbaan in die Noord-Kaap raakgeloop tydens die Vodacom Origins of Golf-toernooi, wat deel vorm van die Sunshine-reeks. Die twee oud-Warries is sedert laerskooldae vriende. Deelnemers van die Origins-toernooi het meegeding om die prysgeld van R1 miljoen wat onder die top 50 spelers verdeel is. Swanepoel het algeheel derde geëindig en met ’n tjek van R57 000 weggestap. Die wenner was Ockie Strydom van Kempton Park, wat met ’n tjek van R158 500 na Gauteng teruggekeer het. Op die foto is Swanepoel en De Villiers op die baan tydens die toernooi. Foto: Tyrone Winfield/ Sunshine Tour
Hendré Botha van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is tydens die onlangse Bokkieweek vir die Bokkieweek-uitnodigingspan gekies. Hendré het reeds sy eerste vuurdoop gehad toe die uitnodigingspan teen die Steenbokspan rugby gespeel het. Spelers van die uitnodigingspan word op prestasie gekies om later vanjaar saam met die Steenbokspan na Namibië te toer.
Learners at Waterberg Academy in Vaalwater are excited about the school’s brand new mountain bike track. Joshua Badenhorst threw caution to the wind and made the most of his time on the course.
An archery team from Waterberg Academy in Vaalwater showed off their skills during a competition in Rustenburg on Saturday 27 July. Ruan Leonard came fifth in the primary schools section and Bianca Nortjé was seventh in the section for girls in junior high. Shannon Carlton (pictured) was second in the junior high boys section and took second place overall in the competition.
Dié leerders van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Saterdag 24 Augustus puik gepresteer tydens die Bosveld-interlaer by Laerskool Warmbad. Mia Botha is as kategoriewenner vir gr. 1-3 aangewys en Lumé Venter was die gr. 2-wenner. Op die foto is Mary-Jane Rabie, Jacques van Wyk en Lumé Venter. Agter is Chané Loots en Mia Botha.
Ané Pretorius van die Euphorbiaskool in Mookgophong is ingesluit in die Limpopo-perdryspan wat op Saterdag 21 September aan die nasionale kampioenskap van die South African Western Mounted Games (SAMWG) deelneem.
’n Paar lede van die Silver Saddles-ruiterklub is gekies vir die Limpopo-span wat aan die South African Western Mounted Games (SAWMGA) se nasionale kampioenskap gaan deelneem. Die ruiters is Paige Cronjé van Laerskool Warmbad, Nelené Mostert van Hoërskool Warmbad, Ané Pretorius van die Euphorbiaskool in Mookgophong, Keegan Visser (volwassene) en Britt Stevens (tuisleerder) van Bela-Bela, Kare-Lize Loubser van Hoërskool Nylstroom, Anneline Lourens van Marble Hall en Joané Grobler van Hoërskool Ben Viljoen. Op die foto is Nelene en haar perd, Storm, tydens ’n vorige byeenkoms.
Amoné van Niekerk van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 17 Augustus aan die Waterberg-distrikgimnastiekkompetisie in Thabazimbi deelgeneem en vier silwer medaljes verower. Sy was algeheel tweede. Amoné is in die Limpopo-span opgeneem.
Johan Enslin van Laerskool Warmbad was deel van die o.12 Waterberg-streekrugbyspan wat die skool tydens die skoolvakansie by ’n rugbytoernooi in Mpumalanga verteenwoordig het.
Hoërskool Warmbad se eerste krieketspan het op Vrydag 23 Augustus teen die span van Hoërskool Nylstroom te staan gekom. Die Warries het 160 lopies aangeteken en in die Nylies se beurt het die sterk boulaanval van die Warries hul lopietempo beperk en kon die Nylies slegs 148 lopies aanteken. Die Warries het die wedstryd met 12 lopies gewen. Dylan van Rooyen het veral met bal- en kolfwerk uitgeblink teen die Nylies. Foto: Herman Steyn
Die kranige Ricardo Booysen van Hoërskool Warmbad se eerste krieketspan staan verslae voor sy penne nadat die Nylies se boulers hom been voor paaltjie betrap het. Ricardo is bekend vir sy goeie kolfwerk en akkurate boulwerk. Op die foto kan die Nylies se vreugde gesien word nadat hulle dié belangrike paaltjie laat kantel het. Ricardo het egter die volgende dag die bordjies verhang in die span se wedstryd teen Hoërskool Ellisras waar hy 70 lopies aangeteken en drie paaltjies laat kantel het. Foto: Herman Steyn
Jorich van Schalkwyk, Laerskool Warmbad se kookwateraanvangskolwer, het op Donderdag 22 Augustus uitgeblink met bal en kolf. Hy het 63 lopies aangeteken in die skool se wedstryd teen Laerskool Krugerpark van Mokopane. Die Warries het egter in die stof gebyt en met sewe paaltjies verloor. Foto: Herman Steyn
Dié langasems van die Waterbergskool vir CVO het op Saterdag 3 Augustus aan die streeklandloopbyeenkoms op hul tuisbane teen vier ander skole deelgeneem. Voor is Jani Stapelberg (eerste, o.8), Liane van Rooyen (tweede, o.6), Janus Oosthuizen (tweede, o.7) en Petria Stapelberg (eerste, o.6). Die eerste drie plekke is deur na die landswye byeenkoms wat op Saterdag 31 Augustus in Vryburg plaasvind. In die middel is Melienke Vermaak (eerste, o.9), Althea Janse van Rensburg (eerste, o.11), Glaudette van Rooyen (eerste, o.13), Kiandra Doubell (vierde, o.12), Lize Stapelberg (derde, o.12) en Elzaan Hooneberg (vyfde, o.12). Agter is Keano van der Walt (eerste plek, o.12), Henru Botha (derde, o.13), Cecil Botha (eerste, o.17), Ruan Campher (tweede, o.12).
So lyk die leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle wat ’n mens sommer gou in skaakmat sit. Hulle het op Saterdag 3 Augustus aan die skaakstreektoernooi deelgeneem en is gekies om op Vrydag 30 Augustus aan die nasionale skaaktoernooi deel te neem wat in Vryburg plaasvind. Voor is Phillip Marx (sesde plek, o.9) en Melienke Vermaak (vierde plek, o.9). Agter is Reitz Carshagen (vierde plek, o.15), Adriaan Roets (sesde plek, oopspan), Ruben Doubell (eerste plek, oopspan) en Liam Murray (eerste plek, oopspan). Reitz, Ruben, Liam en Melienke het ook die nasionale skaakspan in hulle ouderdomme gehaal (slegs die eerste vier word in die span opgeneem).