CrimeNews

Skok ná roof en bewerings van polisie se betrokkenheid

Inwoners van Mook­go­phong het ’n groot skok beleef nadat die Pep Stores op die dorp beroof is en twee polisie­beamp­tes kort daarna in ’n ironiese na­draai van die gebeure aan­gekeer is.

Drie gewapende rowers het op Sondag­oggend 25 Augustus hul rieme styf­geloop nadat die polisie hulle vermoe­delik op heter­daad betrap het.

Volgens ’n oog­getuie, wat anoniem wil bly, het hy teen ongeveer 12:20 drie mans uit Pep Stores, op die hoek van 5de Laan en Thabo Mbeki­straat, gesien hard­loop. Hy het dadelik onraad vermoed en daarna het hy drie skote hoor klap. “Ek het dade­lik dekking gesoek en toe die polisie se voer­tuig gesien,” het hy aan Die Pos gesê. Die polisie was in die omge­wing en het dadelik gerea­geer.

Die modder­gat waar een van die ver­meende rowers skui­ling gesoek het.

 

Twee van die drie mans het oor ’n hek ge­spring en op die vlug geslaan. Die derde een is in die been gewond en het op die sy­paadjie in 5de Laan neer­geval waar die polisie hom geboei het. Een van die ander twee is agter in die erf van ’n naby­geleë karwas­onder­ne­ming gevind waar hy in ’n gat weg­gekruip het.

’n Hand­wapen is later agter ’n ander onder­neming gevind waar een van die rowers dit ver­moede­lik weg­gegooi het. Die derde per­soon is nog op vrye voet.

Volgens die­selfde oog­getuie het lede van die gemeen­skap wat op die toneel was, die ge­wonde rower aange­rand en een het selfs geskree dat hy dood­ge­maak moet word.

Volgens AO George Ledwaba van die polisie in Mook­go­phong is die mans van Middel­burg in Mpuma­langa afkomstig. Hulle het glo kon­tant en sel­fone gesteel.

Die polisie het op ’n swart Corsa-bakkie, wat ver­moe­delik in die roof­tog gebruik is, beslag gelê.

Die vermeende rowers het glo die perso­neel en klante wat in die winkel was, beveel om almal na die stoor­kamer te gaan en daarna is die winkel beroof van meer as R88 000. Die geld is alles terug­gevind.

Die gewonde man is tans in die FH Odendaal-hospi­taal in Modimolle en die ander een het reeds vlugtig in die hof verskyn waar sy borg­tog geweier is.

Die saak is uitge­stel tot Woens­dag 2 Okto­ber.

In ’n bisarre nadraai van die saak is twee polisie­lede van Mook­go­phong in hegtenis geneem op aanklag van dief­stal.

Volgens ’n betroubare bron was die geld wat by Pep Stores geroof is glo in ’n blou koel­houer verpak en was dit by die gewonde man. Een van die polisie­manne, ’n konsta­bel wat ook op die toneel was, het glo die koel­houer met die geld in ’n polisie­voer­tuig gelaai om te ver­hoed dat die geld deur omstan­ders gesteel word. Dit het later onder die aandag van ’n ander polisie­lid gekom dat die koel­houer na die polisie­stasie geneem is.

Op aan­drang van die senior polisie­beampte is die koel­houer terug­geneem na die mis­daad­to­neel en ander polisie­lede wat op die toneel was, het onraad ver­moed. Die konstabel is toe versoek om die polisie­voer­tuig oop te sluit en ’n groot bedrag geld is glo in die paneel­kissie gevind. Hy is vir ’n verduide­liking gevra, maar was nie seker hoe die geld daar beland het nie. ’n Vroulike ser­sant is ook onder­vra oor die geld, maar kon ook nie ’n verduide­liking bied nie. Sowat R18 000 is glo in die paneel­kissie gevind.

Die konsta­bel (39) en die ser­sant (41) is in hegte­nis geneem en het reeds in die hof verskyn. Albei is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die saak is tot Vrydag 4 Okto­ber uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button