Lifestyle

Gaan voertuigligte liefs gereeld na

Beeste, donkies en slag­gate het lankal reeds my lus om snags te be­stuur van my ont­neem.

Ek besef egter onlangs dat my oupa Hannes se ge­woonte om die motor se ligte ge­reeld na te gaan en te ver­stel, nie deur die meeste pad­ge­bruikers aange­leer is nie. In ’n land waar ons kwan­suis punte op ons rybe­wyse gaan ver­loor as ons nie vir ’n beamp­te se middag­ete wil betaal nie, is dit ver­basend om te sien hoe­veel voer­tuie se ligte glad nie werk nie.

Die meerder­heid van hierdie ligte wat wél werk, word egter nooit ver­stel nie. Die meeste nuwe motors se ligte stel sommer vanuit die kajuit, maar dit wil voor­kom asof talle motor­ryers nie seker is hoe daar­die knoppie werk nie of wat die doel daar­van is nie.

In oupa Hannes se dae was dit hof­lik om seker te maak dat ’n motor se ligte nie aan­ko­mende motor­ryers verblind nie. Om seker te maak dat sy voer­tuie aan hier­die vereistes voldoen, het hy my af en toe nader­geroep om met my lyf een van die motor se ligte af te skerm terwyl die ander lig teen die motor­huis­deur geskyn het. Die lyne van die groot staal­deur is gebruik om die hoogte te bepaal en die slot het die middel­punt aan­gedui.

Die meeste voer­tuie se ligte kan rede­lik maklik verstel word en die enigste gereed­skap wat beno­dig word, is gewoon­lik ’n kleine­rige moer­sleutel of skroewe­draaier. Deur die motor se ligte teen ’n muur sowat 6 m ver te laat skyn, kan die ligte se hoogte en rig­ting goed bepaal en verstel word.

Wanneer ’n swaar vrag ver­voer of ’n woon­wa gesleep word, moet die ligte gewoon­lik laer gestel word. Daar is ver­skeie nuwe motors wat outo­maties die hoogte aan­pas en baie is met ’n verstel­knop­pie in die kajuit toe­gerus. Motor­ryers word aan­geraai om hulself te verge­wis van die wer­king van hierdie stelsel en altyd aan­komende verkeer in ag te neem.

• Paul Smith is ’n motor­lief­heb­ber, gesins­man en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button