MunicipalNews

Eskom sal nie krag sny

Die kragverskaffer het inwoners verlede week laat skrik toe ’n kennisgewing in Die Pos verskyn het wat twee weke kennis gee dat beplande kragonderbrekings weer gaan plaasvind.

Eskom het die afgelope week, ná ’n hofuitspraak in die Limpopo-hooggeregshof in Polokwane, onderneem om nie die kragtoevoer na die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit te onderbreek totdat dié dispuut finaal bygelê is nie.

Die kragverskaffer het inwoners verlede week laat skrik toe ’n kennisgewing in Die Pos verskyn het wat twee weke kennis gee dat beplande kragonderbrekings weer gaan plaasvind omdat die munisipaliteit Eskom sowat R400 miljoen skuld.

“Eskom en die munisipaliteit het ooreengekom om die beoordeling van die saak tot Dinsdag 12 November uit te stel om sekere feite in die geskil te bepaal. Dit sluit in die rente wat op die agterstallige rekening gehef is, asook die akkuraatheid van die meters wat deur Eskom gebruik word om grootmaatelektrisiteitstoevoer aan die munisipaliteit te meet,” het Marlene van Staden, burgemeester, in ’n mediaverklaring gesê.

“Dit was nog altyd ons bedoeling om die munisipaliteit se skuld te vereffen en om ons krediteure binne ’n aanvaarde tydsraamwerk te betaal, maar om dit reg te kry moet ons eers die geldelike posisie van die munisipaliteit verbeter. Ons het reeds verskeie stappe geneem om dit te behaal,” het Van Staden gesê.

* Die regsfirma Geyser Ferreira het die munisipaliteit in die hof verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button