Local newsNews

Vyf sterftes op dodelike N1

Die ge­vaar­like deel van die N1-snel­weg in die Mid­del­fon­tein-ge­bied buite Modimolle het die af­ge­lo­pe na­week weer ver­skeie le­wens ge­ëis.

Vier men­se is op Vry­dag­aand 30 Augustus om 22:30 dood na­dat drie voer­tuie in ’n bot­sing be­trok­ke was. Die oor­le­de­nes was al­mal in een voer­tuig. Die in­sit­ten­des van die an­der voer­tuie is net lig be­seer, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Die vol­gen­de aand, Sater­dag 31 Augus­tus, het nog twee voertuie in die­self­de om­ge­wing teen me­kaar ge­bots. Die be­stuur­der van een van dié voer­tuie is oor­le­de. Die on­ge­luk het ook om 22:30 ge­beur. Die pad was baie be­sig aan­ge­sien dit maand­ein­de was.

Meer in­lig­ting oor die oor­le­de­nes was nie teen druk­tyd be­skik­baar nie.

“Be­stuur­ders moet be­son­der ver­sig­tig wees op hier­die deel van die snel­weg,” het Find­lay ge­waar­sku.

’n Deel van die snel­weg het nie ’n mid­del­man nie en die ba­ne word slegs deur ’n geel­streep ge­skei. In­dien ’n voer­tuig be­heer ver­loor, ploeg dit mak­lik in aan­ko­men­de ver­keer in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button