CrimeNews

Rondloperbeeste geskut

Bees­te, donkies, bok­ke en ska­pe wat langs paaie loop en ’n gevaar vir mo­torryers is, is land­wyd ’n pro­bleem in plat­te­land­se ge­bie­de.

’n Trop bees­te wat in die Melk­ri­vier­pad naby Vaalwater ge­loop het, is on­langs deur die die­re­be­sker­mings­ver­eni­ging (DBV) ver­wy­der na­dat in­wo­ners ge­kla het.

Die bees­te het glo son­der drinkwa­ter langs die pad ge­loop.

Vol­gens An­na­lie Smith van die Water­berg Security Initiative (WSI) het hul­le op die klag­tes gerea­geer, maar kon hulle selfs met die hulp van die Dor­set-po­li­sie nie die die­re se eie­naar op­spoor nie. Die hulp van die DBV is inge­roep en 21 bees­te is op Dins­dag 27 Augus­tus deur die Moko­pa­ne DBV ge­skut. Die eie­naar, wat in­tus­sen op­ge­spoor is, sal die skut­kos­te moet dra.

Vol­gens die WSI is ge­hoef­de die­re wat hoog op hul be­ne staan soos bees­te, per­de en wilds­bok­ke soos koe­does ver­al ge­vaar­lik vir mo­to­ris­te. Wan­neer hul­le deur ’n mo­tor ge­tref word, kan hul­le tot op die en­jin­kap rol en die wind­skerm en dak tref wat ern­sti­ge be­se­rings kan ver­oor­saak. Om­dat hul­le hoog staan, is hul oë bo­kant mo­tors se hoof­lig­te en is hul­le nie so mak­lik sig­baar nie.

Ro­nel Kruis, be­stuur­der van die Moko­pa­ne DBV, het be­ves­tig dat hul­le die bees­te ge­skut het. Vol­gens haar is drie van die bees­te wat drie maan­de ge­le­de ver­moe­de­lik ge­steel is, deur ’n boer as sy­ eiendom uit­ge­ken. Die vee­dief­stal­een­heid on­der­soek die saak.

“Rond­lo­per­die­re is ’n groot pro­bleem. Ons kry daag­liks op­roe­pe om die­re te gaan ver­wy­der. Nie net is dit ge­vaar­lik vir voer­tuie nie, dit maak ook dief­stal mak­li­ker,” het Kruis ge­sê.

Vol­gens haar los vee­die­we soms die die­re langs die pad as hul­le bang is dat hul­le ge­vang word.

“Voor­dat ons bees­te skut, ska­kel ons eers die vee­dief­staleen­heid om toe­stem­ming te kry. Die eie­naar is ver­ant­woor­de­lik om die ver­voer­kos­te teen R15 per kilo­me­ter te dra, as­ook ’n skut­fooi van R90 per kop per dag. Die kos­te vir ska­pe en bok­ke is R70 per kop per dag. Die eie­naar moet be­wys kan lewer dat die die­re sy­ne of hare is,” het sy ge­sê.

“Soms vat men­se kan­se en be­weer die die­re is hul­le s’n. In an­der ge­val­le is daar boe­re wat hul ge­steel­de die­re selfs ná so lank as ses maan­de te­rug­kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button