CrimeNews

Twee sake van roof duur voort

Die drie ver­dag­tes wat ver­bind word met die roof op Lin­da en Hen­drik Prins­loo, as­ook Lin­da se ma, Sei­lie van der Lin­de, van die Ra­dium-om­ge­wing het op Don­der­dag 29 Au­gus­tus weer in die hof ver­skyn.

Die Prins­loos en Van der Lin­de is in die vroe­ë og­gend­u­re van Don­der­dag 20 Ju­nie in hul plaas­huis in die Mc­Ken­zie-om­ge­wing deur ro­wers met vuurwapens aan­ge­hou en be­roof. Die rowers het vermoedelik deur ’n oop venster toegang tot die huis bekom, het die polisie gesê.

Drie ver­dag­tes, Jus­tice Mu­dau (24), Wil­liam Ba­pe­la (69) en Cas­well Ma­su­ku (33), is in Ju­lie on­der­skei­de­lik in Ham­mans­kraal en Mo­ko­pa­ne aan­ge­keer en van die roof aan­ge­kla. Mu­dau, ’n Zim­bab­wiër, is ook daarvan aan­ge­kla dat hy on­wet­tig in die land is.

Die Be­la-Be­la-land­dros­hof het op Woens­dag 31 Ju­lie borg­tog van R2000 aan Masuku toe­ge­staan en hy is vry­ge­laat.

Mu­dau en Ba­pe­la is steeds in aan­hou­ding, maar na­dat nu­we ge­tuie­nis in die saak na vore gekom het, het die hof bepaal dat dié twee weer om borg­tog aan­soek kan doen.

Hul­le borg­tog­aan­soek sal op Don­der­dag 26 Sep­tem­ber in die Bela-Bela-landdroshof aangehoor word.

  • Die vier ver­meen­de kle­re­win­kelro­wers, Le­ra­to Kgo­mo (33), Zan­di­le (33) en Si­bu­si­so (31) Hlats­wa­yo, as­ook Tshe­po Ma­hlan­gu (33), het ook weer op Maan­dag 2 Sep­tem­ber in die hof ver­skyn.

Die vier word ver­bind met die voorval op Donderdag 8 Augustus toe die Exact-kle­re­win­kel in Chris Hani­straat in Bela-Bela be­roof is.

Die per­so­neel is aan­ge­hou en in een van die stoor­ka­mers ag­ter in die win­kel vas­ge­maak. Vol­gens die po­li­sie het die per­so­neel geen wa­pens by die ro­wers ge­sien nie.

Die ver­dag­tes het in twee voer­tui­e, ’n wit Volks­wa­gen Polo en ’n swart Citi Golf, ge­vlug. Die ge­steel­de i­tems het sel­fo­ne, beur­sies en kle­re ingesluit, het die po­li­sie vroe­ër ge­sê.

Die swart Golf is skaars twee uur later ná ’n kort jaagtog na­by die Mau­ba­ne-af­rit op die N1-snel­weg, met die vier ver­dag­tes in voor­ge­keer, het die po­li­sie ge­sê. Die wit Volks­wa­gen Polo was nê­rens te vin­de nie.
Die vier verdagtes is ty­dens hul laas­te verskyning in die landdroshof op Bela-Bela daarvan ingelig dat hul saak na Maan­dag 30 Sep­tem­ber uit­ge­stel is vir ver­de­re on­der­soek. Daar moet ook bepaal word of hulle om borgtog kan aansoek doen. Hul­le is steeds in aan­hou­ding.

Vol­gens die pro­vin­sia­le po­li­sie word die vier verdagtes tans met ’n reeks rooftogte, wat sedert Januarie in ver­skei­e pro­vin­sies gepleeg is, ver­bind. Die ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button