CrimeNews

Booswig val inwoner by stopstraat aan

“Ek voel nou baie on­vei­lig as ek ry en ver­trou nie­mand nie.”

’n Vrou van Modi­mol­le wat vroeg Vry­dag­og­g­end 30 Augus­tus aan­ge­val is ter­wyl sy by ’n stop­straat stil­ge­hou het, sê sy kry nou nog ril­lings as sy aan die voor­val dink.

Char­maine Wol­ma­rans se mo­tor­deur is oop­ge­ruk toe sy by die stop­te­ken in Vos­straat stil­ge­hou het voor sy in Kerk­straat wou in­draai. “Dit het al­les so vin­nig gebeur. My deur is oop­ge­ruk en daar is na my motor­sleu­tels ge­gryp. Ek het uit sko­ne skok net ge­ry om weg te kom. Ek het eers later besef my arm bloei,” het sy ge­sê.

Sy het na haar sus­ter wat daar na­by werk ge­ry, wat haar na die F.H. Oden­daal-hos­pi­taal ge­neem het so­dat sy die no­di­ge in­spui­tings kon kry.

“My hand en arm is vol krap­mer­ke. Ek is nie se­ker waar­mee die man my aan­ge­val het nie. Par­ty men­se sê dit lyk soos mer­ke wat ’n staal­bor­sel of dalk spy­kers kon ge­maak het. My mo­tor is vol bloed aan die bin­ne­kant. Ek is net bly ek is nie in my gesig of nek seer­ge­maak nie.”

Wol­ma­rans het ge­sê dis eers toe sy weg­ge­trek het dat sy ge­sien het daar is ’n twee­de man na­by haar mo­tor.

“Ek voel nou baie on­vei­lig as ek ry en ver­trou nie­mand nie,” het sy ge­sê. Wol­ma­rans is ’n tuis­ver­pleeg­ster en werk dik­wels tot laat wan­neer sy pa­siën­te versorg.

“Ek ry nou om­paaie so­dat ek nie weer na­by daar­die deel kom nie.” Sy het eers agterna besef dat ’n pak vol­was­se doe­ke van een van haar pa­siën­te uit haar mo­tor ge­gryp is.

Die voor­val is nie by die po­li­sie aan­ge­meld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button