Local newsNews
Bekende diereliefhebber sterf skielik
Die Pos het met leed verneem van die skielike afsterwe van Annel Snyman (38), bekende roofdierliefhebber en mede-eienaar van die Loebies-gasteplaas in die Elandsfontein-omgewing buite Bela-Bela.

Snyman, ’n oudleerder van Hoërskool Warmbad, was volgens haar familie die afgelope week in Winterton in KwaZulu-Natal met vakansie.
Die omstadighede en oorsaak van haar dood kon teen druktyd nog nie bekend gemaak word nie.
Talle inskrywings van goeie herinneringe en boodskappe van medelye stroom in op sosiale media.
Die familie is besig om begrafnisreëlings te tref en sal dit later aan die gemeenskap deurgee.
- Meer hieroor in volgende week se uitgawe van Die Pos
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



