EntertainmentLifestyle

Hoor jy die magtige dreuning?

Or­ga­ni­seer­ders van die Hankook Tyre SA Land Cruiser­fees en Af­ri­ka-re­kord­poging vir die meeste Land Cruisers op een terrein het hulself verlede naweek oortref.

Land Cruisers-eienaars van regoor die land is genooi om deel te hê aan dié rekord­po­ging wat by die Sondela-natuur­reser­vaat buite Bela-Bela gehou is.

Die vorige rekord in 2017 van 434 Land Cruisers is ver­lede jaar ver­beter na 491 voertuie.

Vanjaar is alle verwag­tinge oortref toe 523 voertuie inge­skryf is. Op die foto val die voer­tuie in gelid om ’n 20 km lange konvooi te vorm.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button