Local newsNews

Niks is tog beter as goeie ou Afrika-son

Die Vroue Landbou-unie se Sonskyn-aandtak in Bela-Bela het op Dinsdag 27 Augustus ’n leersame kultuuraand gehou.

Britt Stevens was die gasspreker. Stevens het in 2013 van België na Suid-Afrika gekom om haar internskap te voltooi. Sy was baie nou betrokke by Huis Tekna, Huis Talje en Spa Park Primary School waar sy saam met sewe ander studente verantwoordelik was vir talle fondsinsamelingsprojekte en opheffingswerk.

Met haar terugkeer na België het sy haar studie in orthopedagogie voltooi, maar die hunkering na die Afrika-son het haar gou weer laat terugkeer. Sy het intussen die liefde van haar lewe ontmoet en werk by ’n versekeringsmaatskappy in Bela-Bela.

Stevens het gesê hoewel sy soms terug- verlang na dinge soos Belgiese sjokolade en bier, is haar wortels nou in Suid-Afrika geanker. Al wat haar soms nog laat terugverlang huis toe, is die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button