Die fietsryers wat op Saterdag 14 September aan die Nyliefees-bergfietswedren deelgeneem het, het ’n groter uitdaging beleef as wat hulle verwag het. Ryers kon aan afstande oor 65 km, 35 km, 20 km, 10 km en 5 km deelneem. Die verskillende afstande is oor rowwe terreine op plase om Modimolle aangebied. Op die foto spring ’n paar ryers by Hoërskool Nylstroom se hoofingang weg vir die 20 km-wedren.
Sandra Erasmus, oudleerder van Hoërskool Warmbad, het op Saterdag 14 September aan ’n prestige-karatetoernooi by die Solis Ortus-klub in Pretoria deelgeneem. Sy het die kata-afdeling gewen en was tweede in die kumite-afdeling. Op die foto is Sandy Oosthuizen, Sandra Erasmus en Elmien Viljoen.
Die algehele wenners van die Presidentsdagtoernooi wat op Saterdag 14 September deur die Naboomspruit-rolbalklub gehou is, is Urna Annandale (links) en Pikkie Nortjé (regs). Wimpie Botha, klubpresident, staan in die middel.
Gawie le Roux het die meeste balle raakgerol tydens die Presidentsdagtoernooi op Saterdag 14 September by die Naboomspruit-rolbalklub. Die spelers wat aan die driespel en pare-items deelgeneem het, was verdeel tussen inwoners van Gholfpark, die dorp, Die Oog aftreelandgoed en omliggende plase.
Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan is op Dinsdag 13 Augustus as streekligawenners aangewys. Voor is Lukas van der Merwe (onderkaptein) en Franco Steenkamp (kaptein). In die eerste ry is HP van Heerden, Hendry van Staden, Tiaan Steffen, Zian Vermeulen en Leander Janse van Rensburg. In die tweede ry is Roelf Vorster (afrigter), Altus du Plessis, Jannes van Zyl, Jaco Briel, Wihan Bezuidenhout, Willie Kruger en Brandon Neveling (hulpafrigter).
Laerskool Nylstroom se tweede krieketspan is op Dinsdag 13 Augustus as streekligawenners aangewys. Voor is Victor Pieterse, Kaden Hayes, Stefan van Heerden, Marnus Röntgen en Stiaan Opperman. Agter staan Raynard Jansen van Rensburg (afrigter), Damian Bosman, Alec Durand, Matthew Eberwein, Rohan Röntgen, Brendan Davey (onderkaptein), Pieter van Heerden en Landré van Staden (kaptein).
Altesame 12 skole se langasems het dit die afgelope kwartaal uitgespook tydens die skolelandloop. Daar was vier byeenkomste en op Woensdag 4 September het die o.12-meisies by die Groblersdal Academy deelgeneem. Laerskool Nylstroom se Emily Greeff, Megan van der Merwe en Amber Ras is as wenners van hulle ouderdomsgroep aangewys.
Laerskool Nylstroom se tennisspanne het op Maandag 9 September in Polokwane aan die Limpopo-tennisbyeenkoms deelgeneem. Die seuns A-span was Waterbergliga-wenners en Limpopo-naaswenners. Hulle is Jannes van Zyl, Tiaan Steffen, Wihan Bezuidenhout, Pieter van Heerden (reserwe) en Johan Bosch.
Laerskool Nylstroom se meisiestennis A-span was naaswenners in die Waterbergliga en het ’n derde plek in die Limpopo-kampioenskappe verwerf. Hulle is Hesmé Holtzhausen, Anika Swart, Melissa Meyer, Gabby Greeff en Megan van der Merwe (reserwe).
Laerskool Nylstroom se seunstennis B-span was naaswenners in die Waterbergliga. Hulle is Ruben Viljoen, Louis Erasmus, Stefan van Heerden, Erlu Fourie en Pieter van Heerden.