NewsSchools

AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Mookgophong het van 5-10 September agt maroelabome (Sclerocarya birrea) aan agt verskillende skole in die omliggende gebied geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Bome is geskenk aan Mookgophong Primary School, Laerskool Eugène N. Marais, die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool, Makhutjisha Senior Secondary School, Mokhari Secondary School, B.B. Matlaila Public Primary School, Dikubu Primary School en Hoërskool Hans Strijdom.

Die organisasie beoog om vanjaar meer as 3 000 bome landwyd te plant.

AfriForum fokus jaarliks op ’n skaars boomspesie, asook ’n boomspesie wat algemeen voorkom. Die algemene boom vir 2019 is die maroela (Sclerocarya birrea), terwyl die skaars boom die appelblaar (Philenoptera violacea) is. AfriForum moedig sy taklede aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewings aard.

Volgens Philip van Staden, voorsitter van die AfriForum Naboomspruit-tak, is Boomplantmaand vir dié organisasie baie belangrik omdat dit hulle die geleentheid bied om die gemeenskap, en veral leerders, in te lig oor die waarde van bome in ons lewens, asook waarom die bewaring van bome belangrik is.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n groener toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button