Local newsNews

Basaar vir bejaardes stel nie teleur nie

Die Naboom Tuiste vir Bejaardes se jaar­likse basaar wat deur die kerke en gemeen­skap van Mook­go­phong aange­bied word, was weer ’n heer­like opskop.

Die in­woners van Mook­go­phong het op Sater­dag 7 Septem­ber die koue trot­seer en gesorg dat meer as R10 000 inge­samel word ten bate van die inwoners van die Naboom Tuiste vir Bejaar­des. Die tuiste is baie af­hanklik van die same­werking van die gemee­n­skap. Hercules Louw, bestuur­der van die tuiste, het sy dank uitge­spreek teenoor almal wat ’n bydrae gelewer het.

Die plaaslike lyn­dansers het, soos in die verlede, hul dans­pas­sies gewys en die rolstoel­wedren, wat deur Paul van der Schyff gereël is, het vir groot vermaak gesorg. Sydney Wells het die voete laat jeuk met sy musiek.

Die voorskoot­kompe­tisie was een van die hoogte­punte van van­jaar se fonds­insame­ling. Die eerste prys het aan Wilma Nel ge­gaan wat haar prys­geld van R500 dadelik aan die tuiste geskenk het.

Marrané Pieterse met haar oor­spronk­like Roedtan-voor­skoot het die tweede prys van R250 gewen en Nonnie Sauer­man het ’n houer gevul met kraak­vars groente as derde prys weg­gedra.

“Ons harte is met dank­baar­heid gevul teenoor almal wat hierdie goeie saak onder­steun het,” het Toeks Eras­mus, wat die kompe­tisie gereël het, gesê.

Die deelne­mers het van so ver as Moko­pane gekom en talle voor­skote is aan die tehuis geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button