
Leon Kruger, Horizon View, Johannesburg, skryf:
Ek het die hulp van die Bela-Bela-inwoners nodig.
Ek woon in Horison View, Johannesburg, maar my bejaarde ouers woon in Caritas Village-aftreeoord in Bela-Bela.
My pa het met ’n bekwame kleremaker, Michelle, te doene gekry wat ’n winkel in die Pick ’n Pay-sentrum gehad het. Sy het my pa gehelp om spesifieke kledingstukke vir my bejaarde ma, wat Alzheimer- en Parkinson-siekte het, te maak.
Die winkel se deure is nou toe en ek wonder of iemand weet waar ek vir Michelle in die hande kan kry. Bel asseblief my pa by tel. 079 818 6518 of stuur ’n e-pos na sydrumpo2112@gmail.com(.)



