LettersOpinion

Moordsyfer in noordstreek skok

Luidens dié statistieke het die moord­syfer vir die noord­streek vir die genoemde tyd­perk gestyg tot 6 405 in verge­lyking met 6 066 vir die 2017/2018-boek­jaar.

Hillel Coetzer, veilig­heids­hoof: Afri­Forum-noord­streek, skryf:

Bheki Cele, minis­ter van po­lisie, het op Donder­dag 12 Septem­ber die na­sionale mis­daad­statis­tieke vir die 2018/2019-boek­jaar bekend gemaak.

Luidens dié statistieke het die moord­syfer vir die noord­streek vir die genoemde tyd­perk gestyg tot 6 405 in verge­lyking met 6 066 vir die 2017/2018-boek­jaar.

Volgens Cele het die moord­syfer in Lim­popo met 0,3% gestyg terwyl gewone roof met 2,4% toege­neem het. Poging tot moord het met 5,7% en roof met verswa­rende omstan­dig­hede met 0,6% gedaal.

Dit is sorg­wek­kend dat 6 066 moord­sake — Mpuma­langa (922), Lim­popo (911) en Gau­teng (4 233) — die afge­lope boekjaar by die polisie aan­ge­meld is. AfriForum sal die noord­streek ’n fokus­area maak om veilig­heid­strukture hier te vestig om mis­daad binne die raam­werk van die wet te bekamp.

AfriForum het reeds in al die pro­vinsies gevestigde veilig­heid­strukture en wil graag ’n beroep op gemeen­skaps­lede en ander veilig­heids­instan­sies doen om betrokke te raak om te help om misdaad hok te slaan.

Raak vandag nog by jou plaas­like AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na tel. 45353. SMS’e kos R1. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button