Local newsNews

Verhoor oor erwe begin

Die snel­groeiende Tsakane-neder­setting het ’n reuse­kop­seer vir grond­eienaars in die omge­wing geraak.

Die ver­hoor van twee mans wat daar­van aan­ge­kla word dat hulle we­der­reg­te­lik grond aan men­se in die Tsa­ka­ne-ne­der­set­ting op die Eers­be­woond-pad ver­koop het, begin eersdaags in die Be­la-Bela-land­dros­hof.

An­dries (42) en Har­ri­son (59) Mo­je­la is in Ju­nie in ­heg­te­nis ge­neem op aan­klag van be­drog. Lui­dens die klag­staat het hul­le inwoners van Tsa­ka­ne be­drieg deur grond aan hulle te ver­koop.

Die twee voer glo aan dat hulle on­der die in­druk was dat hul­le toe­stem­ming van die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit gehad het om grond te ver­koop, maar luidens die klag­staat het hulle geen mag­ti­ging in dié verband gehad nie.

Hen­riëtta Le­dwa­ba, ANC-hoof­sweep van die mu­ni­si­pa­li­teit, het die klag teen die mans gelê.

Die snel­groeiende Tsakane-neder­setting het ’n reuse­kop­seer vir grond­eienaars in die omge­wing geraak. Die Pos berig al maande lank oor klagtes van misdaad, on­wet­ti­ge sje­beens en rus­ver­sto­ring.

Boonop het die eienaar­skap van die grond waarop die neder­set­ting ontstaan het, ook ’n twis veroor­saak. Sover Die Pos kon vas­stel behoort die grond aan die Wa­ter­berg-dis­trik- ­ mu­ni­si­pa­li­teit, maar is daar ’ n proses aan die gang om die grond na die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit oor te dra.

Ka­be­lo Mo­si­to, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der in Be­la-Be­la, het vroe­ër ge­sê die mu­ni­si­pa­l­iteit moet steeds be­paal of hul­le die no­di­ge infra­struk­tuur en geld het om dienste aan dié ne­der­set­ting te voorsien.

  • Borgtog van R1 000 is aan An­dries Mojela toegestaan en R500 aan Harrison.Die mans se ver­hoor is ge­ske­du­leer vir Vry­dag 20 Sep­tem­ber wanneer die hof na verwagting die eerste ge­tui­e­nis­se sal aanhoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button