Local newsNews

Kunsuitstalling uit die boonste rakke

Die werk was van hoog­staande gehalte.

Die kunsklub van die Kokanje-aftree­oord buite Modi­molle hou elke tweede jaar ’n kuns­uit­stalling van inwoners se werk en vanjaar se uitstal­ling op Donderdag 12 Septem­ber was weer ’n spog­geleent­heid.

 

 

Die werk was van hoog­staande gehalte. Die gaste is deur die loop van die aand getrak­teer op heer­like eet­goed wat deur Wilma de Jonge voor­berei is. Die strelende musiek van Anri Shep­hard en Hetta Uys het die aand vervol­maak.

Die swierige blomme­rang­skik­kings met clivieas was kuns­werke uit eie reg en was die hande­werk van Joan Schoe­man.

Die gemid­delde ouder­dom van die kunste­naars was 78 met Joey Venter (86) die oudste klub­lid.

Luna du Toit is reeds 28 jaar lid van die klub en het ook die uitsonderlike em­bleem ont­werp.

Glenda van der Merwe, klub­voor­sitter, het gesê sy vertrou dat die geleent­heid meer in­woners sal aan­moedig om aan te sluit en hul talente met almal te deel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button