CarsNews

Wees bedag; bestuur beter

Mense wat die meeste raad nodig het, is gewoonlik dié wat nie raad sal vra, daarna luister of dit volg nie.

Enigeen wat die afgelope Vrydag in Pre­toria was en in die N1-snel­weg se ver­keer vasge­vang was, sou opnuut besef het dat ons motor­ryers werklik raad nodig het.

Don Palmer is ’n wêreld­be­kende bestuur­instruk­teur en word alge­meen beskou as een van die beste motor­be­stuurders ter wêreld. Hy gee op Shell se webtuiste sy tien beste veilig­heids­wenke:

  1. Wees waak­saam: Kyk vooruit en hou jou opsies oop sodat jy vinnig op enige moont­like situasie kan reageer.
  2. Wees verant­woorde­lik: Dit gaan nie net oor die voer­tuig nie, maar waak­saam­heid, kon­sen­trasie en bewust­heid sal lei tot bekwaam­heid.
  3. Beheer jou vrees: Be­stuur met vertroue en bou die nodige bestuurs­vaar­dig­heid op.
  4. Veilig­heid is ’n vaar­dig­heid: Goeie bestuur­ders maak ook on­gelukke. Pro­beer eerder om ’n veilige bestuur­der as ’n goeie bestuur­der te wees.
  5. Moenie jou eie aandag aflei nie: Los die foon en ander teg­no­logie. Wees eerder op die uit­kyk vir gevare op die pad.
  6. Verwag die on­ver­wagte: Verstaan die pad en die moont­like gevare. Meer on­gelukke kan vermy word deur die moont­like gevare te voor­kom.
  7. Ry stadiger: Vinnig ry hoort op ’n ren­baan. Deur spoed te ver­minder is daar meer tyd om te rea­geer.
  8. Raak ver­troud met die stuur­wiel: Dit is die eerste en beste stuk gereed­skap om ’n moei­like situasie te vermy.
  9. Bestuur egalig: Rem betyds en meer egalig — dit verse­ker beter bewust­heid.
  10. Ken jou beper­kinge: Indien die behoefte ontstaan om persoon­like ver­moëns gereeld agter die stuur tot die uiterste te beproef, skryf eerder in vir ’n gevor­derde bestuurs­kur­sus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button