Die Kinderlandfees is op Sater-
dag 21 September in Bela-Bela gehou. Die fees het ’n verskeidenheid stalletjies en vermaak gebied. Die geld wat by die fees ingesamel is, is ten bate van die opgraderingswerk by die Kinderland-kleuterskool wat deel is van die Nuwe Lewe Kerk in die dorp. Op die foto vee Kaylen Botha die oormaat haarsproei van Marchell O’Connell se gesig by die Kansa-tent tydens die fees.