Local newsNews

Relay 2019 gaan pret wees

Die Kan­ker­vere­niging van Suid-Afrika (Kansa) bied jaarliks regoor Suid-Afrika verskeie pro­jek­te aan om groter bewust­heid vir kanker te skep en een van die bekendste veld­togte is die Relay For Life.

Die plaaslike Kansa-tak bied vanjaar die Relay for Life op Sater­dag 19 Ok­to­ber op die terrein van Hoërskool Warm­bad aan.

Gewoonlik vind die Relay for Life regdeur die aand plaas, maar vanjaar skop die ver­rig­tinge om 16:00 af en eindig om mid­der­nag.

Vanjaar se tema is: Celebrate our Survivors.

Sakeonder­ne­mings en gemeen­skaps­orga­nisa­sies kan, net soos in die verlede, weer ’n span van tien deel­nemers inskryf wat op ’n af­losgrond­slag om die baan loop. Daar sal ook weer spanne op staanfietse (spinning) kan trap.

Die koste verbonde aan deel­name beloop R100 per volwassene en R50 vir hoër­skool­leer­ders. ’n Donasie word gevra vir kin­ders (jonger as 12) wat wil deel­neem.

Die hoof­doel van dié projek is om ’n geleent­heid te skep om mense wat kanker oorwin het, se lewe te vier, maar ook om hulde te bring aan diegene wat die stryd verloor het. Daar word ook gepoog om mense bewus te maak van kanker.

Vir meer inligting oor die Relay for Life of navrae oor span­inskry­wings, bel vir Ansie van Heerden by tel. 076 409 4444 of stuur ’n e-pos aan avheerden@cansa.org.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button