LettersOpinion

Raadop met riool in Vaalwater

Die af­ge­lo­pe paar we­ke is die reuk wat na ons toe aan­ge­waai word, by­na on­uit­houd­baar. Klag­tes by die bur­ge­mees­ter help niks.

Dr. Hampie van Staden, Vaalwater, skryf:

Die Vaal­wa­ter-riool­aan­leg het sedert sy op­rig­ting — ek dink dit was in 1998 — sel­de be­hoor­lik gefunk­sio­neer.

As eie­naar van aan­gren­sen­de grond het ek en verskeie ander mense des­tyds hef­tig gepro­te­steer teen die op­rig­ting daar­van. Soos met al­les in die nu­we Suid-Afri­ka het die ower­he­de hul­le nie ge­steur aan ons be­swa­re nie en die pro­jek deur­ge­stoom­rol­ler voordat nu­we wet­ge­wing, wat dit sou ver­hoed, goed­ge­keur is.

As hul­le daar­na eers aan­soek ge­doen het vir ’n per­mit, sou dit af­ge­keur ge­wees het. Ons groot­ste be­swaar was dat ons skoon lug be­soe­del sou word deur die reuk van riool. Dit is af­ge­lag en ons is ver­se­ker dat daar nooit reu­ke sou wees wat pla nie. Ha-ha!

Die ok­si­da­sie­dam­me was lank voor­ die verwagte tyd vol. Die wa­ter is uit­ge­pomp en het spoe­dig in die ri­vier be­land en die reuk was dik­wels oor­wel­di­gend.

’n Paar jaar ge­le­de is daar sink­dam­me teen et­li­ke mil­joe­ne rand op­ge­rig waar­in die riool­wa­ter ver­der ge­sui­wer sou word so­dat dit in die ri­vier vry­ge­laat kon word. Dit het vir ’n baie kort ruk­kie ge­werk om­dat nie­mand weet hoe om so ’n projek op die lange duur te be­stuur nie.

As ok­si­da­sie­dam­me be­hoor­lik be­stuur word, is niks by­ko­mend no­dig nie. Die aan­gren­sen­de grond, wat aan die mu­ni­si­pa­li­teit be­hoort, kan met die ge­skik­te plan­te be­plant word om as ver­de­re fil­ters te dien. Hier­die grond word tans be­wei deur die bees­te van eie­naars wat niks daarvoor be­taal nie. Daar is heel­te­mal te veel bees­te, die gras is ver­trap, die hei­nings is flen­ters en ek het ge­du­rig van die bees­te in my tuin en an­der kam­pe.

Die af­ge­lo­pe paar we­ke is die reuk wat na ons toe aan­ge­waai word, by­na on­uit­houd­baar. Klag­tes by die bur­ge­mees­ter help niks.

Sy ver­tel daar is vir nóg mil­joe­ne be­groot om die stel­sel te ver­be­ter. Die stel­sel is goed ge­noeg; dit moet net be­hoor­lik be­stuur word.

Nou­dat daar ’n on­der­soek na die werk­saam­he­de van die Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit ge­doen word, is dit mis­kien tyd om ons ook weer te help asem skep?

  • Mar­lene van Sta­den, bur­ge­mees­ter van die Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit, het as volg op dié brief gerea­geer:

“Die op­gra­de­ring van die Vaalwater-riool­plaas is deel van die pro­jek­te wat ge­doen word met fond­se van die in­fra­struk­tuur­toe­laag vir wa­ter­diens­te. Die toe­laag be­loop so­wat R2 miljoen en daar be­hoort na ver­wagting teen die ein­­de van die jaar daar­aan ge­werk te word.

“Die mu­ni­si­pa­li­teit is eg­ter af­ge­gra­deer en is nie meer die im­ple­men­te­rings­agent vir dié pro­jek­te nie. Dit het in Ju­nie ver­an­der, maar ons wag nog op ’n amp­te­li­ke brief. Ons kon in die eers­te kwar­taal niks daar­om­trent doen nie.

“Ek het die pro­bleem al hon­der­de ke­re aangemeld en selfs al die per­so­neel ge­vra om saam met my na die riool­wer­ke toe te ry dat ek die probleme vir hul­le kan uitwys.”

Related Articles

Back to top button