CrimeNews

Man dood nadat trok hom in hoofstraat tref

’n Man is op Son­dag 22 Sep­tem­ber dood nadat ’n trok hom op die hoek van Min­naar- en Chris Ha­ni­straat (reg voor Forever Resort Warmbaths se ingang) in Be­la-Be­la getref het.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die on­ge­luk het omstreeks 14:45 plaas­ge­vind.

’n Trok met ’n sleep­wa het glo by die krui­sing stilgehou en oor­ge­ry toe die wa die man “ge­haak” het en die wie­le op ’n ma­nier oor hom is, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die trok­dry­wer het op die toneel stilgehou en sy same­wer­king aan die po­li­sie en nood­diens­te gegee. Ma­pon­ya het ge­sê volgens die trok­drywer het hy glad nie ge­sien hoe die on­ge­luk gebeur het nie.

Die slag­of­fer is kort ná die ongeluk dood. Die po­li­sie het teen druk­tyd ’n moontlike fa­mi­lielid van die oor­le­de­ne op­ge­spoor, maar sy i­den­ti­teit kon nog nie bevestig word nie.

’n Saak van straf­ba­re man­slag word on­der­soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button