Hennie Ludik se foto “Ou grootbek” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-vergadering gewen. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela.
Gerda de Bruto se kostelike foto “Dikbek” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling van die Warmbad-fotografieklub se Oktober-vergadering gewen. Ywerige fotograwe kan vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 bel om aan te sluit.