NewsSchools

Houers vol R5-munte rol in vir fondsinsamelingsprojek

Leerders het pilhouertjies ontvang om met R5-muntstukke te vul en ’n bedrag van sowat R37 000 is ingesamel.

Die silwer munte het mooi ingerol tydens Laerskool Nylstroom se jaarlikse R5-fondsinsamelingsprojek.

Leerders het pilhouertjies ontvang om met R5-muntstukke te vul en ’n bedrag van sowat R37 000 is ingesamel.

Anka Heyneke se gr. 3-klas was eerste (R6 017) in die junior fase met Ilse Fourie se gr. 2-klas (R2 285) tweede en Theresa Badenhorst se gr. 1-klas (R1677) derde. In die senior fase was Hantie Pienaar se gr. 5-klas eerste (R3 973), Lizelle Swart se gr. 4-klas tweede (R3 085) en Anda Botha se gr. 5-klas derde (R1 700). Die wenklasse sal gedurende skooltyd bederf word.

Die individuele wenners het hard gewerk om hul houertjies weer en weer vol te maak. Amy-Jane de Villiers was die wenner in die senior fase met ’n bedrag van R2 680. Sy wen ’n vakansie vir vier mense by die Weesgerus-vakansieoord.

AB de Villiers, die junior fase wenner, was tweede met ’n bedrag van R2 445 en hy wen ’n Playstation.

André de Beer was derde (en tweede in die junior fase-afdeling) met ’n bedrag van R1 815. Hy wen ’n sporthorlosie. Die pryse is deur plaaslike ondernemings geborg.

Die ander wenners was Sarel Huisamen wat ’n derde plek in die junior fase behaal het, Kara van der Merwe wat die tweede meeste munte in die senior fase ingesamel het en Junior Snyders wat derde in die senior fase was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button