Local newsNews

Twee trokke bots teen stilstaande trok op Eersbewoondpad

Drie trok­ke was om middernag op Vry­dag 4 Ok­to­ber in ’n on­ge­luk op die Eers­be­woond­pad tus­sen Mo­dimol­le en Be­la-Be­la be­trok­ke na­dat een trok vermoedelik on­klaar ge­raak en op die ryvlak gaan staan het.

Die ander twee trokke het daarna teen die stilstaande een gebots. Twee men­se is sover vasgestel kon word, be­seer.

Ma­rius Ba­con, lid van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF), het aan Die Pos ge­sê die trok wat onklaar geraak het, is teen ongeveer 20:00 reeds in die pad opgemerk. Bacon het gesê daar sal deur onder­soek­werk vasgestel word of die no­di­ge waar­sku­wings­te­kens in die pad ge­plaas is, soos wat die wet vereis.

Volgens Bacon is ’n plaas­li­ke in­sleep­diens na die to­neel ontbied, waarna mo­tor­werk­tuig­kun­di­ges probeer het om die trok te herstel. Twee van dié werk­tuig­kun­di­ges was on­der die trok toe die twee an­der trok­ke teen die stil­staan­de een gebots het, het Ba­con ge­sê.

Die po­li­sie en am­bu­lans­diens­te is na die to­neel ontbied ter­wyl GPF-le­de die ver­keer gere­gu­leer het. Die be­seer­des is na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ge­neem, het Ba­con ge­sê.

Die po­li­sie on­der­soek die saak ver­der.

  • Ma­mo­ket­si Ngobi (30) is op Sa­ter­dag 5 Ok­to­ber in die vroeë oggendure in die Cy­fers­kuil-om­ge­wing na­by Ra­dium dood na­dat hy en vier an­der men­se in ’n voer­tuig­on­ge­luk be­trok­ke was.Die in­sit­ten­des is glo van Pre­to­ria. Die be­stuur­der en die an­der be­seer­des is vol­gens die Be­la-Be­la-po­li­sie na die Warm­bad-hos­pi­taal vir be­han­de­ling ge­neem.Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van straf­ba­re man­slag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button